Die Geslaagdheid van Vertaalde Reklame

Essay by subojacUniversity, Bachelor'sA-, September 2004

download word file, 10 pages 5.0

Downloaded 18 times

Omdat Engels die huidendaagse internasionale taal is, word Engelse advertensies al vanaf die begin van die Suid-Afrikaanse pers-, radio- en televisie-media oorvertaal in Afrikaans, sonder dat die advertensie se inhoud (behalwe nou die taal) verander word. Vandag nog is die TV, radio, koerante en tydskrifte propvol advertensies wat dieselfde lyk en dieselfde boodskap dra, maar wat in beide Afrikaans én Engels voorkom. Die doel van hierdie opstel sal wees om die kwaliteit van die huidendaagse vertaalde, Afrikaanse reklame vas te stel om sodoende die geslaagdheid van vertaalde reklame te ondersoek met die hulp van gepaste voorbeelde. Vir hierdie studie is die Huisgenoot en You van 20 Mei gebruik omdat dit dieselfde reklame bevat, met die Engelse vertaling in You en die Afrikaans in Huisgenoot. Sodoende kan ons 'n duidelike beeld vorm van die kwaliteit en geslaagdheid van 'n verskeidenheid huidendaagse reklame. Die grootste probleem met so 'n ondersoek is dat 'n mens selde kan vasstel of die oorspronklike advertensie Engels of Afrikaans was.

Daarom sal daar groot aandag gegee word aan die uiteindelike boodskap wat die advertensie aan die leser probeer oordra. Deur die boodskappe van die Engelse en Afrikaanse weergawes te vergelyk, kan ons redelik akkuraat oor die geslaagdheid van die advertensie besluit. As die vertaling van goeie gehalte is, dan sal dieselfde boodskap in beide die Afrikaanse en die Engelse weergawes oorgedra word. Vir hierdie ondersoek sal daar dan 'n seleksie van advertensies vanuit die You en Huisgenoot van 20 Mei ondersoek word met betrekking tot die boodskap en die taalgebruik in die betrokke advertensies, om sodoende tot 'n algemene gevolgtrekking te kom oor die kwaliteit en geslaagdheid van vertaalde reklame in Afrikaans. Die basis van hierdie gevolgtrekking sal wees dat dat daar drie groot gevare is in die vertaling van...