J.P. Morgan: ?n Lewe

Essay by subojacUniversity, Bachelor'sB, May 2004

download word file, 14 pages 5.0

Downloaded 30 times

Inleiding

John Pierpont Morgan word onthou as een van die stigters van die moderne Amerikaanse ekonomie. Hy was ?n industriële genie wat geakkrediteer word met die stigting van ?n menigte belangrike maatskappye soos; General Electric en AT&T . Daar word egter gewoonlik in die selfde asem na Morgan as die duiwel en redder van die ekonomie verwys. Hy het dan ook later in sy lewe ?n ere graad van die Harvard Universiteit gekry wat die volgende gelees het: ?Public citizen, patron of literature and art, prince among merchants, who by his skill, wisdom and courage, has twice in times of stress repelled a national danger of financial panic.? Robert La Follette, van die Wisconsin Progressiewe Party, het egter ook die volgende van hom gesê: ?a beefy, red-faced thick-necked financial bully, drunk with wealth and power.? Al was daar baie verskille oor sy persoonlikheid en of sy dade goed of sleg was, kan daar nie ontken word dat sy karakter en invloed die besigheid wêreld gevorm het, soos geen mens voor hom nie.

Morgan was ?n bankier, spoorweg tsaar, industrialis, finansier, filantroop, jagvaarder, en ook redelik gewild onder die vroue. Hy was die Koning onder ?n hand vol miljoenêr baronne wat die land se geld beheer het in ?n era van min staat inmenging.

Morgan se Begin

Die rykdom van die Morgan familie het nie by John Pierpont begin nie, maar egter al by sy Oupa, Joseph Morgan. Joseph het floreer as ?n hotelbaas in Hatford, Connecticut. Hy het gehelp met die organisering van ?n nuwe kanaal maatskappy, ?n stoomboot maatskappy en ?n spoorweg wat Hatford met Springfield sou verbind het. Uiteindelik het hy egter die Aetna Fire Insurance Company begin. Joseph se eerste seun, Junius Spencer Morgan, was ook bestem vir ?n lewe in die besigheid wêreld.

Hy het ?n...