Terafim Handel Oor Die Gedig

Essay by streethooligan101 January 2008

download word file, 2 pages 0.0

Terafim is 'n woord wat met die Bybel en godsdiens geassosieer word. Dit is 'n voorwerp, waarskynlik 'n godemasker, wat deur ou Isrealiete gebruik is. Die title is wel van toepassing op die gedig en die inhoud sluit goed aan by die titel.

Die gedig hou verband met die veeleisende lewensstyl van volwassenes en hoe hulle somtyds agter 'n masker wegkruip. Hierdie masker kom slegs af wanneer hulle jaarliks op vakansie gaan na Buffelsbaai en 'n breek van hul stresvolle en gejaagde lewens vat.

"haal die mombakkiesaf van die terafimbegin ontspan en sug "Die tema is baie relevant t.o.v vandag se 2006- sameleweing. Die tema is dat mens nie moet wegkruip agter 'n masker en jou gevoelens moet laat ophoop nie. Wat die skrywer poebeer se is dat 'n mens nie jouself moet druk met werk tot jy teneergedruk voel nie. Spandeer meer tyd saam met die mense wat vir jou baie beteken en raak rustig en ontspan wanneer dinge te moeilik word.

Die meeste hardwerkende ouers en hul kinders kan verband hou met díe gedig. Die ouers werk hulself oor 'n mik om die top van hul loopbaan te bereik en om voedsel op die tafel te hou. Die huis is leeg bedags en die huishulp (piecejob) moet omsien na die kinders omdat die ouers te veel hooi op hul vurk het.

Die ironie van die saak is dat die familie waarvan hier gepraat word baie ryk is, en in 'n groot huis bly wat goed geleë is en uitgerus is met die nuutste tegnologie. Maar die ouers werk hulself morsdood en het nooit tyd om aandag en liefde aan hul kinders te gee nie. Wat help dit as die ouers so baie werk en baie geld verdien en hul kinders al die moderne tegnologie koop as hulle dit nie eers saam met hul kinders kan geniet nie.

Die gedig wil voorkom as 'n ballade, ontblykende die feit dat daar geen vaste strofebou en geen rym is nie. Die gedig het ook geen vaste ritme nie. Dit vertel wel die leser van sterk emosionele ondertone en gedeeltes word herhaal vir beklemtoning, bv. versreëls 3 en 21:"broodwinners in die sweet ""werk hulle nog dood "In my opinie is dit 'n vryevers gedig omdat daar geen rympatroon is nie en die aantal versreëls van elke strofe verskil. Die feit dat leestekens amper heeltemal afwesig is, dui 'n losheid in die gedig aan. Daar kom baie enjambemente voor in die gedig en dit is dus ook die bindingsmiddel wat een gedagte met 'n ander bind.

Die woordgebruik in die gedig is interessant en vang die leser se oog. Dit is 'n genotvolle gedig wat lekker lees en wat 'n boodskap aan die leser oordra. Die gedig word sterk aanbeveel.