Die Bybelse-,Oosterse en die Islam Skeppingsperspektief se raakpunte met mekaar.

Essay by LallieHigh School, 11th gradeB, September 2007

download word file, 2 pages 0.0

Downloaded 2663 times

Die Bybelse-, Oosterse en Islam Skeppingsperspektief toon verskeie raakpunte met mekaar. Om mee te begin word daar in al drie geglo in die skepping van die heelal en nie in die evolusiebenadering nie. Die Islam geloof glo in sommige opsigte in die Evolusiebenadering maar nie alle aspekte daarvan nie.

In die Bybese Skeppingsperspektief word daar algemeen geglo dat die heelal geskep is deur handelinge deur die onsienlike God (Elohim). Dit het oor ‘n kwessie van ses dae plaasgevind waartydens die verskillende fasette van die Hemel en Aarde en alles daarop geskep is. Die ses dae word as ‘n letterlike tydperk van ses 24-uur periodes gesien. Sommige moderne perspektiewe glo dat die ses dae dalk eerder ses periodes van langer tydperke kan wees soos bv. Ses eeue. In die Bybelse Skeppingsperspektief word dit duidelik gestel dat God aktief besig was vir ses dae met die skepping nl. “Die skeiding van lig en donkerte”.

Daar was dus ‘n ordening van chaos en dus is dit nie moontlik dat “dinge” deur middel van ‘n onverstaanbare, natuurlike reeks prosesse tot stand gekom het nie. Die Bybelse Skeppingsverhaal kan dus ook nie in ‘n geologiese of astronomiese tydsbegrip vasgevat word nie. Die Bybelse Skeppingsperspektief toon dat God alles geskep het deur die beweging van Sy gees. Hy het dit deur middel van spraak laat plaasvind nl.”Laat daar lig wees”. Hy het die mens geskep na sy beeld en die vrou uit die man se ribbeen.

Die Islam Skeppingsperspektief is grootliks verwant aan die Bybel. Die Koran dui ook sonder twyfel aan dat die heelal en mensdom direk deur God (Allah) geskape is. Daar was ‘n ordening van chaos wat plaasgevind het.

Hulle glo dat Genesis slegs ‘n korrupte weergawe van God se woord is. Die Koran laat ‘n wyer reeks interpretasies voor as die Bybel. In die Isalmitiese geloof word sommige wetenskaplike benaderings tot die skepping aanvaar. Dit sluit die ouderdom van die aarde in en die ouderdom van die heelal. Alhoewel hulle ook glo dat daar geen lukrake gebeure is nie. Alles gebeur volgens God se wil. Hulle glo nie in die Evolusiebenadering waarin beweer word dat een spesie vanuit ‘n ander spesie ontstaan het nie. God het spesifiek die mensdom geskape in die beeld van Adam. Hy het die mens van klei en modder wat hy gevorm het gemaak. Die klei is op die eerste dag gemaak en die ses dae wat daarop volg is gebruik om die skepping te maak. Die ses dae word hier in die Islam geloof nie as ses letterlike 24 uur periodes gesien nie maar eerder as 6 langer periodes waarvan die tydsduur onbekend is. Hulle glo ook saam met die Evolusie benadering dat alle lewe in die oseaan begin het nl. “elke dier is van water geskep.”In die Oosterse skeppingsperspektief is die motiewe wat met die Islam- en Bybelse Perspektiewe ooreenstem 1) die ordening van chaos, 2) die gedagte van skeiding, 3)die skeppingsaksie, 4) die vorming van die mens uit klei en 5) die maak van die mens in die eenderse beeld van God. Maniere waarop die heelal geskep is nl. deur Geboorte (dit is algemeenste vorm). Die Oosterste skeppingsperspektief glo dat hulle oergode geboorte gegee het aan alles. In die Babiloniese skeppingsbenadering word daar ook geglo dat alles uit stryd voortgekom het nl. Marduk het die moedergodin Thiamat verslaan. Hy het onderskeidelik die hemel en aarde geskep deur haar liggaam in twee te deel. Hulle glo dat mense uit ‘n mengsel van klei en die bloed van die opstandige God, Kingu, geskape is. Dit word dus ook geassosieër met die spreek van die wood en die vorming van klei.

www.obvioustruths.comhttp://www.request.org.uk/issues/14.htm\www.theology.eduwww.talkorigins.orgwww.submission.orgwww.sacred-texts.comwww.religioustolerance.comwww.nwcreation.netwww.mythicjourneys.orgwww.masud.co.ukwww.kolbecentre.orgwww.islamonline.netwww.islamcity.comwww.irfi.orgwww.heardworld.comwww.wikipedia.comwww.dmoz.orgwww.creationwiki.orgwww.answeringgenesis.orgwww.answering-islam.org.ukwww.al-islam.orgwww.debate.org.uk/www.religioustolerance.org/isl_intr.htmhttp://www.answers.com/