Die invloed van eKommunikasie ontwikkelinge op ons wêreld

Essay by LallieA-, September 2007

download word file, 11 pages 5.0

Downloaded 36388 times

Die invloed wat die ontwikkelinge in elektroniese kommunikasie op ons moderne wêreld vandag het bestaan onbetwyfeld. Die feit dat dit beide positiewe en negatiewe invloede op die wêreld gaan hê is ook defnitief. Ontwikkelende tegnologie en veral die ontwikkeling van elektroniese kommunikasie het met die laaste eeu dramaties vinnig toegeneem en dus ook die omgewings waarin dit plaasvind geweldig bevorder, maar in sommige gevalle ook tot sosiale verval gelei. Tele-kommunikasie vind plaas tussen partye op ‘n afstand van mekaar. Moderne tele-kommunikasie sisteme maak dit moontlik om telefoon, faks, data, radio of televisie seine te stuur. Groot volumes informasie kan oor lang afstande gestuur word. Om te kyk na die verskeie aspekte van die snelgroeiende eKommunikasie en die invloed daarvan op die wêreld kan daar verskeie mediums geidentifiseer word.

Om mee te begin kan daar gekyk word na e-pos (elektroniese pos). E-pos is geweldig vinniger as die tradisionele pos sisteme ook bekend as “slakke pos”.

In die moderne tye, 20ste eeu, is die algemene pos sisteme, waarin briewe en ander vorms van pos per hand, voertuig of selfs per perd vervoer is na die verskeie ontvangers , grootliks vervang deur elektroniese pos. Dit is ‘n baie vinniger manier van pos. Elektroniese pos kan binne ;n tydperk van minute die ontvanger bereik. Dit kan dan met gerief gelees word op enige tyd van die dag. Onmiddelike terugvoering kan gebied word wat die sender op sy beurt ook weer vinnig sal bereik. Dit is ook baie meer betroubaar as gewone “slakke pos” deurdat jy ‘n “delivery report” of bewys van ontvangs kan aanvra. Dit bied aan jou die sekerheid dat die ander persoon jou boodskap ontvang het en baie konflik kan so vermy word. E-pos is natuurlik ook baie goedkoper. In die ou dae is daar altyd probeer om op papier koste te spaar deur minder pos te stuur, deur slegs aan sekere uitgesoekte individue briewe te stuur. Elektroniese pos laat egter toe dat die stuur van boodskappe tussen baie mense oor groot afstande plaasvind, en dit neem niks meer moeite of koste as wat benodig word om een boodskap deur nie -elektroniese wyse te stuur. Daar is egter ook verskeie nadele aan e-pos. Een van hierdie nadele is dat nie so formeel soos ‘n brief op papier is nie. Omrede die briewe nie baie persoonlik is nie laat dit baie ruimte vir misinterpretasie. Verskeie tradisionele karaktertrekke en praktyke wat tradisioneel in konvensionele pos gebruik is, soos kalligrafie, word ook heeltemal verwyder. Baie van die persoonlikheid van die briewe word dus weggevat. E-pos is ook nie heeltemal privaat nie. E-pos briewe kan net soos gewone pos briewe onderskep word deur ander persone. Met e-pos kom daar ook dikwels gemors-pos deur. Enige e-pos boodskappe kan egter baie maklik uitgewis word sonder moeite deur slegs die “delete” knoppie te druk. Hoewel boodskappe, egter ook vir jare op diskette gestoor kan word of uitgedruk word en op die manier gestoor word. Deur e-pos kan verskeie skadelike wurms of virusse ‘n persoonlike rekenaar bereik. Dit is baie nadelig en kan verskeie programme aantas. In die artikel van “ A useful virus” deur Christelle Du Toit word daar ‘n nuwe bevinding oor ‘n virus gemaak wat bruikbaar is. “‘n Nuwe wurm, LiarVBA versprei informasie oor MIV/VIGS aan onverwagte ontvangers. Dit versprei deur netwerke en is ontwerp as ‘n weggesteekte leêr op geïnfekteerde rekenaars. As die rekenaar gekonnekteer word aan die netwrk gaan die virus outomaties hardloop en dan plaas hy ‘n HTML leêr met MIV/VIGS inligting op die rekenaar se hardeskyf. Om tot ‘n gevolgtrekking te kom bring e-pos mense in verbinding met mekaar, of hulle naby of vêr van mekaar is. Dit help dus om verhoudings in stand te hou oor afstande.”Die tweede komponent van eKommunikasie is die Internet. Die Internet is ‘n wêreldwye sisteem van geintegreerde rekenaar netwerke. Die internet is ‘n produk van die samevloeiing van media, rekenaars, en tele-kommunikasies. Dit snoer rekenaars van regoor die wêreld saam as een groot rekenaar waarna jy toegang kan verkry deur jou persoonlike rekenaar. Kletskamers, die deling van leêrs, VoiP en Bemarking is alles dienste wat moontlik gemaak word deur die internet. Groot hoeveelhede informasie kan ook, deur gebruik te maak van die internet, heen en weer gestuur word. Op die webtuiste www.is.co.za,in die artikel “IS ADSL VoIS” word gesê dat geld gespaar word deurdat jou telefoonrekening verminder word deur gebruik te maak van ‘n ADSL lyn. Dit sluit ook die VoiP (Voice over internet protocol) tegnologie in. Dit laat jou toe om “voice service” en “billing” van ‘n sentrale punt te beheer. Die artikel “IS Africa connectivity” dui daarop dat Afrika ondernemings kan meeding en wen in die kompeterende globale ekonomie. IS draadlose tegnologie, mobiele kommunikasies en satteliet tegnologie word saamgesit om gebruik te maak van betroubare infrastruktuur en ‘n maklik beskikbare “bandwidth enterprise”. Dit sê ook dat dit die effektiewe gebruik van tegnologie koste sny en produktiwiteit bevorder in ekstreem kompeterende gesondheidsdienste. Dis hoe die mark in Afrika bestuur word. “Security Solutions” sê dat die gemak en spoed van toegang tot inligting op die internet sekuriteits bedreigings aan netwerke en individuele veroorsaak. Risiko’s dat waardevolle inligting wegraak, gesteel word, korrup is of misbruik word sal altyd daar wees. ‘n Ander nuwe vorm van internet konneksie is die mobiele en draadlose internet konneksie. Dit is baie belangrik in die ontwikkeling van moderne massakommunikasie. Die ontwikkeling van die internet het dus die mensdom baie beïnvloed deurdat mense en maatskappy op verskeie plekke met mekaar kan kommunikeer en baie beroepsgeleenthede in hierdie veld is ook ontwikkel. Wetenskaplikes het egter reeds bewys dat daar iets soos internetverslawing bestaan wat soortgelyk is aan alkohol en dwelm-verslawing. Mense wat van die internet gebruik maak is ook baie meer geïsoleer en depressief as die persone wat nie daarvan gebruik maak nie. ‘n Ander nadeel daarvan is ook dat die internet ‘n groot bron van pornografiese materiaal is wat beskikbaar is vir enige iemand wat dit wil kyk. Selfs minderjarige kinders. Dit kan dan lei tot baie Psigiese probleme in latere stadiums van die kind se ontwikkeling en ook sosiale en psigiese versteurings veroorsaak vir volwasse persone.

Die volgende is “Web-Logs” ook bekend as Blogs. Dit is eie nuus en kommentaar. Blogs laat die eie interpretasie en uitdrukking van individuele toe. Dit laat die mense toe om hul stemme gehoor te laat word wat voorheen nie gehoor sou kon word nie. Dit hou baie voordele in. Blog pages word dus gebruik deur mense om hul kreatiwiteit uit te leef en ook dikwels deur joernaliste om stories te publiseer wat buite die normale tradisie van artikels is. Dit word ook gereeld vir akademiese doeleindes gebruik deur studente wat navorsing doen vir skool en ook om ander navorsing te doen. Mense kan so te sê omtrent enige iets publiseer maar daar is sommige riglyne soos byvoorbeeld met die publisering van pornografiese materiaal en ander skadelike materiale. Die sosiale implikasies van Blogs is dat Blogs die tradisionele nuusstories bevraagteken. Daar is ‘n groot tekort aan hekwagters of sensors en dus is daar ook geen sensuur nie. Dit is egter ‘n vars manier van dinge doen deurdat dit geensins gebind is deur tradisies nie.

Volgende is daar ook die ontwikkeling van die Wêreld Wye Web (WWW). Dit is ‘n netwerk van inligtingsstrome. Dit help verbuikers om verskillende stukkies inligting met mekaar te verbind. Die Web is deel van die internet wat nie linieër is nie. WWW is gebaseer op tegnologie wat hiperteks genoem word. Dit word aan gedink as ‘n baie groot subdivisie van die internet wat bestaan uit hiperteks en hipermedia dokumente. Mense wat geskei word deur lang afstande kan die web gebruik met die uitruil of ontwikkeling van die intieme en uitgebreide gedagtes of alternatief hul mees gemaklikste houdings en geeste. Dit maak nie gebruik van Fisiese bronne nie. Dus is dit baie makliker om die inligting te soek of na te slaan en dit is ook meer effektief as gewone biblioteke. Dit bevorder die interaksie tussen mense rondom die wêreld deur die gebruiklike kletskamers. Kletskamers kan egter ook ‘n baie negatiewe invloed op die samelewing van vandag hê. Dikwels gebeur dit dat kinders en selfs jong volwassenes met pedofiele en ander ongewenste karakters deurmekaar raak op die internet. Wanneer die persone dan op die ou end uiteindelik ‘n persoonlike afspraak reël word baie van hierdie jongmense veral jong meisies ontvoer en as seks-slawe aangehou en gebruik. Nuusgroepe op die internet is versamelings van elektroniese aansteekborde wat gerangskik is volgens die onderwerpe. Besprekingsgroepe wat op sekere onderwerpe konsentreer bestaan ook en al die inligting word geskryf deur mense wat geïnterreseerd is in die verskeie onderwerpe. Inligting vir skooltake kan so bekom word ook vir enige navorsingsdoeleindes. Die World Wide Web stel baie mense in verskeie gebiede in staat om akademiese opleiding te ontvang wat vroeër jare nie moontlik was nie. Daar is egter ‘n nadeel aan die WWW. Omrede basies omtrent enige inligting geplaas kan word is daar geen skeidslyn wat die waarhede van die leuens skei nie. Die internet en WWW veroorsaak grootskaalse isolasie. Die wêreldwye web maak egter baie persone se lewens heelwat veiliger en geriefliker deur internet bankdienste beskikbaar te stel. Dit kan die gevaar van diefstal by kitsbanke baie verminder. Aan die ander kant is dit ook nadelig omrede die inligting maklik onderskep kan word en so vind bedrog op groot skaal plaas en baie mense se geld word weer hierdeur gesteel. Die artikel “E-fitting room uses magic-mirror” , deur Patricia Pieterse, Trainee Journalist, sê dat InsideBayArea.com gesê het dat die aankoop van klere met nuwe innovasies deur Icon Nicholson en Cisca Systems baie vergemaklik gaan word. Icon Nicholson het ‘n “magic-mirror” ontwerp wat die toelating van die gebruiker om uitrustings te sien sonder om uit te trek laat geskied. Die wat die klere aanprobeer kan vriende nooi om die uitrustings via die web te sien. Cisca het ‘n sisteem ontwerp waarby ‘n koper elektronies die winkel se databasis kan deursoek vir die regte grootte en styl.

Volgende is daar eBay. Dit is die grootste veiling diens op die web. eBay het die koop en verkoop aanlyn baie gewild gemaak. Daar is geen koste daaraan verbind om die webblad deur te kyk of om ‘n aanbod te maak of om iets aan te koop nie. Daar is egter ‘n koste daaraan verbind om ‘n artikel op die webtuiste as te koop op te sit. Miljoene versamelingstukke, toestelle, rekenaars, meubels, toerusting en selfs voertuie en ander items word gelys, gekoop, verkoop op ‘n daaglikse basis. Dit vergemaklik die verbruiker se lewe baie. ‘n Persoon kan nou van binne die gerief van sy/haar eie huis ‘n item aankoop of van ‘n ongewenste item ontslae raak. Indien ‘n persoon opsoek is na ‘n sekere item gaan dit ook die proses om daardie item te soek ook baie vergemaklik. Hy kan nou slegs die woord intik en daar gaan hy. Binne sekondes is die skerm voor hom gevul met verskeie items waarin die item waarna hy opsoek is sal verskyn indien dit beskikbaar is op die webtuiste.

Dan is daar ook die Televisie. Dit word op groot skaal gebruik vir die uitsaai van nuus en ander programme. Dus is dit ‘n belangrike komponent in die ontwikkeling van elektroniese massa-kommunikasie. ‘n Waarskuwing kan ook oor die televisie uitgesaai word aan ‘n baie groot en wye gehoor wat in sommige gevalle baie mense se lewens sal kan red. Televisie kan egter baie nadelig ook wees. Pornografiese materiaal en geweld kom in baie programme oor die televisie voor. Jong kinders het volle toegang daartoe om al hierdie skadelike programme te kyk. Sulke kinders woird dikwels met Psigiese en geestelike probleme groot en word soms baie geestelik versteurde volwassenes. Dit lei op sy beurt tot geweld en veroorsaak sosiale verval in baie gemeenskappe en ook in die wêreld as ‘n geheel.

Dan is daar natuurlik ook radio. In die artikel “Emergency Radiocommunications” word daar gesê dat tele-kommunikasie kritiek is in alle fases van ramp bestuur. Aspekte van radiokommunikasie dienste wat geassosïeer is met rampe sluit in: inter-alia, ramp voorspelling, opspooring, waarskuwing en ramp verlos. In sommige gevalle is draad tele-kommunikasie se infrastruktuur heeltemal vernietig deur rampe. In hierdie gevalle kan slegs radio kommunikasie dienste gebruik word in ramp verlossings operasies. Daarby word gebruik gemaak van meteorologiese dienste, uitsaai dienste, radio-televisie en mobiele dienste.

Sellulêre fone of beter bekend as selfone word bespreek in die artikel “All about technology”: “Sellulêre tegnologie laat die “hand off” intekenaars toe om van een selfoon na ‘n ander selfoon te kommunikeer soos hulle rondreis.” Gepaard met die selfoon gaan daar ook SMS (Short messaging service) en MMS (Multimedia messaging service). SMS is beskikbaar op die meeste digitale selfone en ook stadig-groeiend op ‘n reeks ander toestelle byvoorbeeld rekenaars, sak-rekenaars en vaste fone. Die gebruik van SMS’e het ‘n baie groot invloed op ons wêreld vandag. In Desember 2002 is ‘n groot verneuk skandaal op die lappe gebring tydens ‘n finale eksamen by die Universiteit van Maryland College Park. ‘n Dosyn studente is gevang waar hulle op hul Rekenkunde vraestelle verneuk het deur gebruik te maak van sms boodskappe op hul fone. In daardie selfde maand het die Universiteit van Hitotsubashi in Japan ook 26 studente nie deur laat gaan nie omrede hul e-pos boodskappe met antwoorde tydens die eksamen ontvang het. Die gebruik van SMS boodskappe raak net al meer gewild tydens eksamens en klasse. In Julie 2004, het die polisie in Tilburg, in Nederland, ‘n eksperiment begin waarin mense kon registreer vir ‘n kort boodksap diens. Die polisie sal dan ‘n boodskap stuur aan die mense om hulle te vra om op die uit kyk te wees as ‘n dief ontsnap het of as ‘n kind vermis was in hul buurt. ‘n Hele aantal Kriminele is al gevang en kinders opgespoor deur die gebruik van sms boodskappe. Die diens het al geweldig begin uitbrei na stedelike gebiede. Tydens die orkaan Katrina in Augustus 2005, was dit vir baie inwoners onmoontlik om kontak te maak met familie of vriende deur gebruik te maak van tradisionele landlyne. Deur SMS kon hulle kommunikeer met mekaar wanneer die netwerke gewerk het. Die ontwikkeling van SMS’e het dus beide nadele en voordele. MMS is die evolusie van “Short Message Service” (SMS) Met MMS, is ‘n selfoon nie meer aan slegs teks boodskappe geheg nie. Dit kan nou ook “Multimedia Messages” stuur en ontvang byvoorbeeld grafiese, video en klank leêrs, en so voorts. Deur van MMS gebruik te maak vir akademiese doeleindes kan studente op lang afstande van mekaar en hul mentors steeds baie leer. Dit word ook op groot skaal in sake en besigheids ondernemings gebruik, vir opleiding en opvoedings doeleindes, vir huishoudelike gebruik en as ‘n bron van vermaak.

Die mobilisasie van akademie navorsing in Afrika is noodsaaklik vir volhoubare sosiale, ekonomiese, tegniese, kulturele en politieke ontwikkeling van die kontinent. Deur die gebruik van moderne informasie en kommunikasie tenologieë byvoorbeeld rekenaars, die internet, radio en televisie word etiese uitdagings in Afrika byvoorbeeld sosiale isolasie veroorsaak deur ‘n gebrek aan toegang tot relevante informasie. Ander uitdagings is ‘n groot probleem met ongeletterheid, rekenaar geletterdheid en die effektiewe beskerming van kern inligting wat gebaseer is op menslike regte byvoorbeeld die reg vir vryheid van uitdrukking en die reg van toegang tot inligting. Hierdie inligting is verkry ui die artikel “African academici and policy makers at the confederation acceptance declaration of information ethics in Africa.

Daar is twee elemente van elektroniese kommunikasie: Die eerste is dat die kommunikasie nie ingeperk word deur ‘n spesifieke tyd en plek nie. (bv dit is asynchronous , vind nie plaas op dieselfde tyd nie en asyntopi, vind nie plaas op dieselfde plek nie.) Tweedens is dit hoofsaaklik visueel en skriftelik eerder as mondelings.

Om tot ‘n gevolgtrekking te kom hou die ontwikkeling van elektroniese kommunikasie beide voordele en nadele in vir die gemeenskap. eKommunikasie bevorder gesondheidsdienste, akademiese dienste, dit kan mense oor lang afstande help om kontak met mekaar te behou, baie velde vir beroepskeuse word geskep met die ontwikkeling van eKommunikasie en indien ‘n persoon op soek is na werk gaan sy soektog baie vergemaklik word deur van die internet gebruik te maak. Inligting kan ook deur eKommunikasie maklik oor en weer gestuur word. In tye van oorlog of rampe kan hulp maklik en vinnig aangevra word. Dit vergemakilik ook die bedryf van handel.

Nadele van eKommunikasie is onder andere Inklusiwiteit en sosiale isolaie. Omrede daar toegang vir kinders is tot geweldadige en pornografiese materiaal deur selfone, internet en selfs televisie kan dit daartoe lei dat hul misdadigers is as volwassenes. Dit kan later ook lei tot sosiale verval en die ontwikkeling van swak kwaliteit wêreld gemeenskappe. Die snelgroeiende ontwikkeling van eKommunikasie lei ook op groot skaal tot die bevordering van Plagiaat. Skryfstukke word vanaf die internet getrek en dan deur iemand anders as hul eie geneem.

Die ontwikkeling van eKommunikasie hou dus verskeie nadele en voordele in vir ons wêreld vandag.

Bronnelys:Webblaaie:http://www.doc.gov.zahttp://www.itu.int/home/index.htmlhttp://www.itweb.co.zahttp://www.undp.orghttp://www.answers.comhttp://www.employees.csbsju.eduhttp://www.bmj.comhttp://www.chronicle.comhttp://www.is.co.zahttp://www.dcn.davis.ca.ushttp://www.wikipedia.orgPowerpoint presentasieDBS 2: eKommunikasie-media deur: Marize De Klerk