Die Moslem lewensfilosofie se rol in betrokke gebiede.

Essay by LallieHigh School, 11th gradeB, September 2007

download word file, 2 pages 4.7

Downloaded 4176 times

Die Moslem lewensfilosofie se rol in die gebied van Somalia is onbetwyfeld. Die Moslem lewensfilosofie wat aansluit by die Islam geloof gaan grootliks daaroor om in oorgawe te lewe met betrekking tot die wil van God (Allah). Hulle veg totaal en al vir die behoud van hierdie lewensfilosofie in Somalia. Dit was uitgebeeld toe ‘n man wat beskuldig is van ‘n moord tot die dood veroordeel is. Met sy dood het die skare luidrugtig uitgeskree “Allahu Akbar” waarmee daar bedoel is dat God groot is! Daar is ongeveer nege miljoen Moslems in die land. Hulle wil ‘n houvas op krag hê en in beheer wees van hul land. Die feit dat hulle veg vir dit waarin hulle glo word duidelik uitgebeeld deur die feit dat dat die land absoluut deur gewere regeer word en gedurig in oorlogte opgevang word. In hul stryd teen Israel word wapens op groot skaal deur Iran en Syria (ook Moslem gebiede) voorsien.

Die Islamitiese Howe Unie glo dat die oorlog teen terrorisme ‘n oorlog teen Islam is. Die wat egter moeilikheid maak is nie in Islam nie. Ten spyte van al die geweld voel Somali’s dat hulle veilig is. In Mogadishu is daar oral gedissiplineerde Islamitiese troepe wat gereed staan om te veg, en Islamite glo dat hulle juis die stad stabiel maak. Islam glo dat hulle reg is om hul eie nasie te wees, en hulle wil hê dat Somalia ‘n vreedsame en goeie verhouding met die res van die wêreld moet handaaf. Die Islamiete het nou ‘n Talibaanse styl van reels ingestel het wat ooreenstem met die, van die moslem lewensfilosofie. Dit vereis dat die gebruik van alkohol, bioskope, dans en ook vroue wat swem en ook dat die dwelm “khat” onwettig is. Omdat die Moslem lewensfilosofie ook ‘n komponent besit nl. Die verkeerde of korrekte toepassing van oorspronklike grondwaardes van ‘n religieuse geinspireerde lewensingesteldheid, is dit duidelik dat die Moslem Lewensfilosofie wel ‘n belangrike rol in Somalia speel.

Die rol van die Moslem lewensfilosofie speel ook ‘n groot rol in die verenigde state van Amerika. Met die laaste verkiesing was daar ‘n groot debat oor die feit of Amerika ‘n godsdienstige president wil hê of nie. Bush het as godsdienstige leier gewen. Hy het baie positiewe kommentaar teenoor die Moslems in Amerika. Hy glo dat hul lewensfilosofie so te sê omtrent heeltemal ooreenstem met die van die Christen geloof. Volgens hom is beide gelowe gekant teen aborsies en bloedskending. Hy sê dat Moslems ook teen die skending van die bloed van onskuldige mense is nes Christene. Islam is ‘n geloof van vrede wat gekaap is deur terroriste. Bush ontken dat hy ‘n geestelike oorlog teen die Moslems voer maar eerder ‘n politieke oorlog. Volgens hom leer die Moselm lewensfilosofie mans en vroue om edel te wees en ook meer oor morele verantwoordelikheid. Daar word geglo dat Moslems en Christene dieselfde God aanbid. Bush glo heeltemal dat Terroriste slegs hul geloof as Moslems misbruik om dood te maak. Daarom word Moslems oral verwyt oor wat op elf September 2001 gebeur het. Die Moslem lewensfilosofie speel ‘n groot rol in die Verenigde state van Amerika deurdat hulle, hul geloof openlik getuig ten spyte van die haat wat baie mense teenoor hulle het. Die verkeerde of korrekte toepassing van oorspronklike grondwaardes van ‘n religieuse geinspireerde lewensingesteldheid is ook ‘n toepassing in die lewe van ‘n Moslem. Hierdie is ‘n kenmerk van die Moslems in Amerika (veral omdat hulle nie vergelyk wil word met die ander Moslems wat moordgepleeg het op elf sptember 2001 nie) en ook baie van die Amerikaners self.