Die Sanvolk - Eie Aan Afrika

Essay by lolz May 2005

download word file, 1 pages 0.0

Downloaded 4541 times

Die San, wat ook bekendstaan as Boesmans, het eens oor die hele subkontinent van Suider-Afrika geswerf. Hulle het die deel van die wereld lank voor die koms van swart stamme of wit setlaars bewoon. Die San dateer van die Steentydperk en oor eeue heen is hul teenwoordigheid in Suider-Afrika gedokumenteer deur hul rotstekeninge. Hulle is vreedsame mense en jagters en vir duisende jare het hulle diere soos byvoorbeeld wildsbokke gejag en vrugte, neute en wortels vergader.

Sedert hul vroegste ontmoetings met ander mense is die San vanweë hul eiesoortige kultuur en gebruike egter toenemend vervolg en van hul tradisionele grond verdryf. Hulle is doodgemaak, gemartel en as slawe gebruik. Die uiteinde van die saak is dat die San deesdae 'n stryd om oorlewing voer in Botswana, Namibië en Suid-Afrika.

Deesdae is daar nog net sowat 100 000 oor. Hulle is nou 'n groep grondlose plakkers en woon meesal in vestigginge wat onpaslik vir jag en vergadering is.

Hulle moet nou hulle voedsel self groei en op beesplase werk om hulleself te onderhou.

Daar is vandag minder ontwikkelingsgeleenthede en politieke verteenwoordiging vir die San as vir enige ander etniese groep in Suider-Afrika. Die gevolg is dat een van Afrika se oudste inheemse bevolkings nou 'n landelike subklas is wat in uiterste armoede lewe.

In Suid-Afrika leef San-gemeenskappe in groot armoede by Rietfontein en Tweerivieren buite die Kalahari-Gemsbokpark. Hulle woon dikwels tussen die grensdrade van boere en provinsiale paaie. In Botswana word die San van die Sentraal-Kalahari-wildreservaat bedreig deur die ontdekking van ryk diamantneerslae daar. Dié wat nie vrywillig die reservaat wil verlaat vir 'n lewe van drank en leeglêery nie, word gedreig en gemartel.

Die San is 'n wesenlike deel van Afrika se kultuur en geskiedenis. Hulle is 'n eenvoudige groep mense wat soos die meeste inheemse rasse in Suider-Afrika, en regoor die wêreld, net rus en vrede soek. Die minste wat ons kan doen is om hulle 'n veilige hawe in hedendaagse Afrika te gun.