Profesie van 'n Reënboognasie: Maagersfontein

Essay by subojacUniversity, Bachelor'sB, September 2004

download word file, 9 pages 4.8 1 reviews

Downloaded 40 times

Daar is 'n heelparty kwessies wat na vore kom in Etienne Leroux se Magersfontein, O Magersfontein! van 1976, wat op verbasende wyse direk relevant is in die huidige Suid-Afrika. Hierdie opstel beoog dan om hierdie kwessies uit te lig om sodoende te kan waardeer hoe Leroux se satire grappenderwys na verwys kan word as 'n soort profesie vir die nuwe Suid-Afrika. Die opstel sal ook poog om te bewys dat die moderne leser in die jaar 2004 steeds aanklank sal kan vind by Leroux se roman. Nie net omdat dit kwessies aanraak wat vandag nog relevant is nie, maar omdat van die kwessies selfs meer rellevansie gekry het met die demokratisering van die land. Hoewel Leroux grotendeels geskryf het as 'n reaksie op die politieke en godsdienstige waardes van sy tyd, het hy hom dus bewys as 'voor sy tyd' met sekere idees en kwessies wat in die roman gelig word.

Tipies van 'n postmodernistiese teks eindig die verhaal dan ook in absolute chaos, met die doel om as voorbereiding te dien vir die 'nuwe lewe' of nuwe begin wat na die chaos gaan volg. In Magersfontein, weerspieël hierdie chaos en die nuwe begin daarna tot 'n groot mate die vernuwing van ons land Suid-Afrika toe Apartheid finaal afgeskud was, en demokrasie vir die eerste keer aangetrek was. Eerstens moet daar gekyk word na die verskillende wyses waarop Leroux die Suid-Afrikaanse samelewing van 1976 gesatiriseer het om dan aan te toon hoe dit in verband gebring kan word met die huidige Suid-Afrika.

Die instellings, persone, en houdinge wat deur Leroux gesatiriseer word is grotendeels polities van aard, maar gladnie uitsluitlik so nie aangesien sosiale kwessies ook sterk aangeroer word. Die sterkste element van satire is die manier hoe Leroux die interaksie van die verskillende karakters (elk met baie uiteenlopende...