Skryf i lewens ervaaring neer...

Essay by EasigasA, January 2003

download word file, 2 pages 3.0

Downloaded 26 times
Keywords , , , ,

Ek het nou al vir 'n bietjie meer as 36 uur ophou rook. Dis moerse moeilik. Laat ek julle net 'n idee gee. Ek het in daardie 36 uur meer as 389 keer aan sigeratte, vuurhoutjies, lighters en vlamme gedink en wou net 4 keer regtig baie graag 'n sigaret rook.Hoekom het ek ophou rook? Wel, verskeie redes waarvan die eenvoudigste seker maar is: Want dis sleg vir my. Van die ander redes: jy kan nie meer so lekker ruik nie, jy kan nie meer so lekker proe nie, en jy kan nie so meer so maklik pregnant raak nie. Nee regtig ek het dit in een van daai glossy vrouetydskrifte gelees. Nie dat ek enigsins dink daaraan om nou al pregnant te raak nie, maar dis waar wat Nina Simone sing: "Don't smoke in bed."Nou die volgende logiese vraag is seker wat het my tot die besluit laat kom? Wel, ek sit toe mos Saterdagaand saam met vriende en kuier.

Die usual: glas rooiwyn en die een hand en my sigaret in die ander. En as die een hand leeg is moet die ander dit weer vol maak. Ja, ek het basically ge-chain by sukkel kuiertjies. Toe my een hand weer leeg is en my ander hand is oppad na my pakkie sigarette toe, het my hand gestop en ek het gedink ek kan nou die outomatiese ding doen en nog 'n sigaret rook of ek kan besluit of ek regtig lus het vir die sigaret. My keel was seer gedink en gerook. Ek het my lighter gevat, my pakkie sigarette gevat en die diep in my handsak ingedruk. Sondag het ek daai selle pakkie sigarette en dieselle lighter uit my handsak gaan haal en in my laai weggesteek. In dis waar ek hoop...