Skooluniforms. Gee jou opinie oor die voor - en nadele van gereguleerde skooldrag.

Essay by lolzHigh School, 11th gradeA+, May 2005

download word file, 2 pages 5.0

Downloaded 24 times

Die onderwerp van skooluniforms is 'n belangrike onderwerp vir baie leerlinge en hulle ouers. 'n Skooluniform kan 'n leerling beinvloed nie net ten opsigte van sy skoolwerk nie maar ook ten opsigte van hoe ander mense hulle sien. Daarom is die onderwerp baie belangrik, nie net vir die leerling nie, maar ook vir die ouers.

Is skooluniforms nodig in 'n skool-omgewing? Deesdae dink baie mense dat skooluniforms onnodig is want dit het geen waarde as 'n onderwyshulpmiddel nie terwyl die oorgrote meerderheid van leerlinge nie van uniforms hou nie. Hoekom dring so baie skole dan aan op gereguleerde skooldrag? Miskien is die rede daarvoor dat leerlinge meer aandag moet gee aan hulle werk as aan hulle kleredrag.

Maar baie mense dink dat leerlinge nie regtig deur hulle klere beinvloed word nie. 'n Pligsgetroue leerling behoort nie deur klere beinvloed te word nie. Dit is moontlik dat skooluniforms 'n persoon se individualiteit vernietig.

Daar is diegene wat glo dat leerlinge beter uiting kan gee aan wat hulle dink as hulle in skooluniforms is. Ander glo dat skooluniforms leerlinge se vryheid beperk. 'n Ander probleem met skooluniforms is bekostigbaarheid. Baie ouers kan nie skooluniforms bekostig nie. Sommige leerlinge is nie gemaklik in skooluniforms nie en sal baie meer gemaklik wees in klere van hul eie keuse.

Maar baie mense redeneer 'n veilige en ordelike omgewing is die eerste behoefte van 'n goeie skool. Die voordele van 'n skooluniform bevat: die vermindering van twis en stelery tussen leerlinge van ontwerpersklere en die inboeseming van dissipline by leerlinge. Skole kan ook die kinders beskerm teen groepdruk met betrekking tot kleredrag. Wanneer 'n skool nie 'n skooluniform het nie, sal baie leerlinge elke oggend wonder, "Wat behoort ek vandag aan te trek?" 'n Skooluniform is die oplossing vir sulke leerlinge se probleme.

Ek glo dat...